0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R380 R304 Discovery Miles 3 040 Save R76 (20%) Ships in 11 - 16 working days

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.

Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.”

Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.

Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Ingrid Jonker - A Poet's Life (Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - A Poet's Life (Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

The first comprehensive biography of this iconic artist to appear in English. Richly illustrated with 160 photographs. Since her dramatic death at the age of 31 the name Ingrid Jonker has been linked to that of James Dean, Marilyn Monroe, Sylvia Plath - legends who died young. In her first biography to appear in English, the frail figure of Jonker as a child, a young poet, daughter of a prominent politician, wife, mother, mistress of a famous author, lover and rebel is portrayed against the backdrop of revolt against South Africa's policies of censorship and apartheid.

'n Blywende Vreugde - Briewe Van Audrey Blignault (Afrikaans, Hardcover, 3de Uitgawe): Maria Bink, Lynn Fourie, Petrovna... 'n Blywende Vreugde - Briewe Van Audrey Blignault (Afrikaans, Hardcover, 3de Uitgawe)
Maria Bink, Lynn Fourie, Petrovna Metelerkamp
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

Audrey Blignault is een van die heel bekendste skrywers in Afrikaans. Vir ongeveer 50 jaar het daar gereeld nuwe boeke uit haar pen verskyn. In 'n Blywende vreugde kan lesers vir die eerste keer haar persoonlike briewe aan vriende, familie en mede-skrywers lees. Sy skryf onder andere aan dr. Elize Botha, M.E.R., Hennie Aucamp, Ernst van Heerden en W.A. de Klerk oor dinge wat haar na aan die hart lê. Die briewe wissel van liriese aanhalings uit die poësie tot selfspot en skaterlag-stoute rympies en grappe. Wanneer geliefdes deur die dood weggeneem word, ontroer haar openhartige ontboeseming. Die omslag van die boek is 'n foto van een van die skrywer se geliefde kledingstukke. En hoe gepas, want dink jy aan Audrey Blignault, dink jy rooi - en spesifiek aan die oulap se rooi wat mooi maak.

Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Neale Donald Walsch Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Neale Donald Walsch; Translated by Petrovna Metelerkamp
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms.

Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.

Mits Dese Wil Ek Vir Jou Sê - Briewe van Hennie Aucamp (Afrikaans, Hardcover): Petrovna Metelerkamp Mits Dese Wil Ek Vir Jou Sê - Briewe van Hennie Aucamp (Afrikaans, Hardcover)
Petrovna Metelerkamp
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

Persoonlike briewe van Hennie Aucamp aan familie en vriende, 'n boek waarna Aucamp se duisende aanhangers al lank uitsien. Briewe aan o.a. Amanda Strydom, Breyten Breytenbach, Andre P Brink, Elzabe Zietsman, Margaret Bakkes, Johan Bakkes, Elize Botha, Elisabeth Eybers. Twaalf bladsye foto's. Hierdie bundel is die vyfde in 'n reeks briewe van belangrike skrywers. Vorige titels: 'n Blywende vreugde - Briewe van Audrey Blignault (2008), Briewe van Peter Blum (2008), Briewe van Uys Krige (2010) en Briewe van W.E.G. en N.P. van Wyk Louw (2011).

Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 4 - 8 working days

'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Cable Guys Controller and Smartphone…
R355 Discovery Miles 3 550
Batman v Superman - Dawn Of Justice…
Ben Affleck, Henry Cavill, … Blu-ray disc  (3)
R549 Discovery Miles 5 490
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (4)
R256 R211 Discovery Miles 2 110
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R349 Discovery Miles 3 490
Genius NX-8008S Silent Click Wireless…
R147 Discovery Miles 1 470
Bosch GBM 320 Professional Drill…
R725 R609 Discovery Miles 6 090
Higher
Michael Buble CD  (1)
R172 Discovery Miles 1 720
Badgirl Wanderer Ladies Sunglasses
R173 Discovery Miles 1 730
Bullsh!t - 50 Fibs That Made South…
Jonathan Ancer Paperback R270 R180 Discovery Miles 1 800
Snappy Tritan Bottle (1.5L)(Green)
R229 R180 Discovery Miles 1 800

 

Partners